GEORGE NUUSFLITS - Die dood van die 94-jarige mev. Eileen Venter van die Tuiniqua-ouetehuis wie se liggaam op 18 November verlede jaar in haar woonstel gevind is, word deur die polisie ondersoek, het kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder by navraag gesê.
"Geen arrestasie is nog gemaak in verband met die bewerings en gerugte (dat sy vermoor is) nie. Daar is tans geen bewyse wat die gerugte en bewerings steun dat die dame vermoor is nie.
"Die polisie se ondersoek gaan wel voort. Geen gemene spel word tans vermoed nie. Indien enige bewyse vir die teendeel opduik, moet dit aan die ondersoekbeampte, sersant Patrick Songwiqi bekend gemaak word sodat dit ondersoek kan word."
Sersant Songwiqi kan by 044 803 4762 geskakel word.
Die George Herald het verlede jaar berig dat Venter se bebloede liggaam op die oggend van 18 November deur haar buurvrou gevind is.
Dieselfde oggend, vermoedelik voordat haar liggaam gevind is, het 'n man met twee sakke vol goed van Tuiniqua se kant af oor 'n hakiesraadheining na 'n aangrensende erf oorgeklim.
Voëlklip: The road is safe as long as you drive carefully but there have been tragic circumstances happening there. Do you think the road should be closed?