TUINROETE HENGELNUUS - Ondanks moeilike hengelomstandighede het Plettenbergbaai (120.54 punte) almal uitgestof by die Eden-hengelvereniging se derde klubkompetisie by Klein-Brakrivier.
Die tophengelaar van die dag was Wesley Rapson van Plett-hengelklub met 40.30 punte. Steve Denny (Triton) was die topmeester van die dag met 15.85 punte met Adel Alkers (Mosselbaai-hengelklub) met 2.87 punte die topvrou.
Die beste o.21-hengelaar was Michael Bachle (Plett) met 16 punte en die beste o.16-hengelaar was Floris Marais van Stilbaai met 23.93 punte.
Die topgrootmeester was Johan Strauss van Outeniqua-hengelklub in George met 8.05 punte.
Die grootste oneetbare vis, 'n blou pylstert van 16 kg, is deur Michael Bachle van Plettenbergbaai ingeweeg. Jacques Snyman van Triton-klub in Mosselbaai se mosselkraker van 7,2 kg was die grootste eetbare vis wat geland is.
Die pryse vir die gelukstrekking is deur Triton-hengelklub geskenk.
Punte van die klubs na die derde liga is soos volg.
A-liga
1. Outeniqua (399.82) 2. Stilbaai (313.00) 3. Plett (289.87) 4. George (269.57) 5. Atlantic (196.23) 7. Triton (167.04) 8. Mosselbaai (47.53).
B-liga
1. Outeniqua (216.76) 2. Triton (116.56) 3. Stilbaai (78.21) 4. Plett (76.65). 5. Atlantic (61.16) 6. George (51.21) 7. Mosselbaai (39.13).
C-liga
1. Triton (26.39) 2. Outeniqua (22.03) 3. George (19.09) 4. Plett (5.01).
Die volgende kompetisie vind plaas op 23 November.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'