GEORGE TENNIS-NUUS - Die eerste Eden Mini Masters-tennistoernooi vir die topjuniors word van Vrydag af by die Great Tennis-akademie in George aangebied.
Die eindstryde in die onderskeie ouderdomsafdelings word Sondag afgehandel.
Een van die belowendste opkomende sterre wat gaan deelneem, is Drikus de Jager, oudhoofseun van Laerskool Outeniqua, wat die afgelope Desember-vakansie die sonderlinge prestasie behaal het deur drie agtereenvolgende Super8-toernooie in onderskeidelik Kaapstad (twee) en Port Elizabeth te wen.
Drikus word deur Eduard Steyls by die Great Tennis-akademie afgerig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'