GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Elgernon Meyer, 'n inwoner van Toekoms, Groot-Brakrivier het 'n besonderse rugbytalent. Hy gaan skool by Hoërskool Outeniqua en is tydens sy deelname aan die Jean de Villiers o/16-taltoernooi by Paarl Gimnasium genooi om aan 'n rugbytoer na die buiteland deel te neem.
Die toer vind van vanaf 5 tot 14 Desember in Italië plaas en word gefasiliteer deur erkende operateurs, Travel and Sport.
Aan talent het jong Elgernon geen gebrek, maar finansieel benodig hy steun om sy plek tydens die toer in die span in te neem. Die uiteindelike koste is sowat R44 990.
Enige persoon of onderneming wat sou kans sien om Elgernon by te staan, kan Travel and Sport se areabestuurder, Leon Hattingh (082 046 4411) skakel.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'