RUGBY NUUS - Die SWD o. 18-span is aangekondig vir vanjaar se gesogte Cravenweek en bestaan uit ’n sterk kombinasie spelers van Hoër Landbouskool Oakdale en Hoërskool Outeniqua, met bydraes van Hoërskool Oudtshoorn en Hoërskool Punt.
Oakdale lewer die grootste groep spelers en vorm die kern van die span, terwyl Outeniqua se talentvolle spelers diepte en vaardigheid byvoeg.
Die keurspan toon goeie balans tussen voorspelers en agterspelers, met verskeie spelers wat reeds hierdie seisoen op skoolvlak uitgeblink het.
Die beginspan sluit in:
Kyle Burger, Adrian Smith, Francois le Roux en Ruan Groenewald (almal Oakdale), Lincoln Zietsman (Outeniqua), Bernard Badenhorst (Oakdale), Andreas Gouws (Outeniqua), Jacobus de Villiers (Oakdale), Rufagon Hendricks (Outeniqua), Caleb Williams (Oakdale), Heilino Beukes (Outeniqua), Jade Lottering (Outeniqua), Myburgh Eksteen (Oakdale), Nathan-Lee Gordon (Oakdale) en Darnell Delport (Outeniqua).
Die reserwes is Keaton Olivier, Matthew Prins en Tyler Marais (Outeniqua), A-Jay Julies en Bronwin Swiegelaar (Oudtshoorn), Shagon Kiewiet (Punt), asook Moeshan Mortlock en André van der Merwe (Oakdale).
Die Cravenweek bied jaarliks aan die land se beste jong rugbyspelers die geleentheid om hul talent op nasionale verhoog te wys, en dien dikwels as springplank na hoër vlakke van die spel.
Kwaggas se rugbyspeler wat opgeneem is in die o. 18 Cravenweekspan.
o. 18 Akademieweekspan
SWD se o. 18 Akademieweekspan wys ook ’n sterk verteenwoordiging van die streek se toprugbyskole. Hoërskole soos Oakdale, Outeniqua en Punt lewer die grootste bydrae tot die span, wat die jong talent in die Suid-Kaap onderstreep.
Weer spog Oakdale met die meeste insluitings in die beginspan, terwyl Outeniqua ook ’n beduidende aantal spelers lewer.
Spelers van onder meer Hoërskool George, Gerrit du Plessis Sekondêr, SAO Bras en Wittedrift rond die span af.
Beginspan:
Zivan Groebelaar (Oakdale), AJ Botha (Outeniqua), Logan Jacobs (Outeniqua), Ashley Abrahams (Gerrit du Plessis), Lian van der Berg (Oakdale), Kane du Plessis (Oakdale), Duwayne Matthews (George HS), Aldo Gouws (Outeniqua), Mich van Eden (Oakdale), Mark Hein Fourie (Oakdale), Ray Jordan Schoeman (Outeniqua), Jean Capes (Outeniqua), Gerrit JV Rensburg (Outeniqua), Quewin Pieters (SAO Bras SS), Tinashe Mazeka (HS Wittedrift).
Reserwes: Jayden Jansen (Punt), Charlie Terblanche (Oakdale), Avenathi Sambokwe (Punt), Franco Pienaar (Outeniqua), Unathi Mgwexa (Gerrit du Plessis), Verno Seconds (Punt), Luan Mortlock (Oakdale), Marky Kortjie (Oakdale).
Kwaggas wat deel uitmaak van die o.18 Akademiespan.
o. 16 SWD Grant Khomo-span
- Aiden van Wyk (Outeniqua)
- Jordan Larson (Outeniqua)
- Hendre Botha (Oakdale)
- Gus Vorster (Oakdale)
- Wian Stroebel (Outeniqua)
- Zane Vermaak (Oakdale)
- Luan Faber (Oakdale)
- Jaco Jacobs (Outeniqua)
- Keadon Daniels (Outeniqua)
- Cameron Botha (Oakdale)
- Le-thuquin Camphier (Oakdale)
- Aldino Jafta (Oudtshoorn)
- Adriano Hendricks (Oakdale)
- Lshaan Titus (Outeniqua)
- Juan Swem (Outeniqua)
Reserwes:
- Malique McGregor (Oakdale)
- Roche Muro (Outeniqua)
- Dillon Michaels (Langenhoven Gim)
- Aviwe Kalo (Outeniqua)
- Francois Barnard (Oakdale)
- Zerwich Westraat (Outeniqua)
- Rowan Fouche (Outeniqua)
- Lance April (Oakdale).
11 Kwaggas is opgeneem in die o.16 Grant Khomo-span.
Saam-gestel deur Lizette da Silva
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’