GEORGE RUGBYNUUS - Twee rugbyspanne van Laerskool Outeniqua het hulle onderskei by die onlangse Hollard Eden Super Series (Hess)-toernooi wat jaarliks deur Laerskool George-Suid aangebied word.
Die onder 13A-span het as kampioene uit die stryd getree nadat hulle die Bloemfonteinse skool Grey Kollege geklop het.
Die onder 11A-span het ook tot die finaal deurgedring, waar hulle teen Grey Kollege gespeel het.
Hess-kampioene 2019! Die o.13A-rugbyspan is agter, van links: Caleb Jeneker, Algero Kaars, Ovayo Plaatjie, Keenan Jantjies, Darren Samson, Ruben Barnard, Charl Kitching (afrigter), Jandrian Goosen, Truspé Schoeman, Aldert van Zyl, Jacques Meyer (afrigter), Migail Barnard, Brayden Andrews, Ruan Barnard (hulpafrigter), Christian Kolbé en Alakhe Mfundisi. Middel: Dewaldt Jonck, El-Fessio Muller, Aya Dada, Ceejay Arendse, Delarey de Klerk, Rowan Mafutu, Gareth Maree en Rico Ferreira. Voor:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'