GEORGE NUUS - Bloedjong rugbyspelers van Rugga Kids het hul jaarafsluiting verlede Saterdag, 10 Desember, by Outeniquapark gehou.
Hul afrigter, Ronwen Agent, self 'n ervare speler, en die Rugga Kids-bestuurspan het lekker ontspan saam met die kleuters en hul ouers.
"By Rugga Kids leer ons kinders van jongs af die beginsel van span-spel en om mekaar te respekteer. Hier is die klem op speel," het Agent gesê. Die kinders het elkeen 'n sertifikaat en medalje vir die jaar se bywoning ontvang.
Christo du Plessis hardloop met die bal terwyl Willem Steenkamp hom probeer vasvat. Christo se spanmaat, Gerhardt Giliomee, kyk agterna. Foto: Deidre Cloete
Die bestuurspan is van links: Kyle Ortman (afrigter), Jamie-Lee Agent, Kevin Meyer, Ronwen Agent (afrigter en eienaar van Rugga Kids), Gert Piedts, Gevené Roelfse (Netball Skills-afrigter) en Demi de Jager. Foto's: Deidre Cloete
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'