Jaco Rall, van Sportcentre, het gesê dat hulle wil terugploeg in die gemeenskap en George-rugbyklub is maar een van die projekte waar hulle betrokke is.
Sonder borgskappe is so 'n sportorganisasie verlore aangesien die maandelikse uitgawes vir wedstryde en velde redelik hoog is.
George-rugbyklub het twee suksesvolle proefwedstryde gehou waar die spelers hul staal kon wys. Daar is 'n definitiewe dringendheid by die bestuur, afrigtingkorps en spelers te bespeur en die sleutelwoord vir 2013 is "dissipline op en af van die veld".
Vriendskaplike wedstryde wat reeds bevestig is, is:
- Sondag 3 Maart 2013: 14:00 - George 2 vs Argentyne 2 Ou-teniquapark; 16:00 - George1 vs Argentyne 1 Outeniquapark.
- Dinsdag 5 Maart: 19:00 - George 1 vs Argentyne 1 Outeniquapark.
- George, Mosselbaai en Oudts-hoorn speel vanjaar ook in 'n rondomtalie teen mekaar en George se verpligtinge is:
- Saterdag 9 Maart: Mosselbaai teen George op Mosselbaai.
- Saterdag 16 Maart: George vs Oudtshoorn op George.
Verskeie spelers wat reeds diep spore in provinsiale rugby getrap het het ook by George-rugbyklub aangesluit. Sommige het reeds vir die Arende uitgedraf asook SWD o.19 en SWD o.21.