GEORGE RUGBY-NUUS - Die George-rugbyklub hou op Donderdag 15 November sy algemene jaarvergadering in dié klub se klubhuis.
Nominasies vir die verkiesing van bestuursposte vir 2019 kan by Perez Julyan ingehandig word. Amptelike nominasievorms is by Julyan vir die volgende poste beskikbaar: visevoorsitter, tesourier en vier addisionele lede.
Die volgende besonderhede moet op die nominasievorm verskyn:
Naam, van en identiteitsnommer met 'n handtekening van genomineerde; naam, van en ID met handtekening van nomineerder en pos waarvoor persoon genomineer word.
Die genomineerde hoef nie 'n betaalde lid van George-rugbyklub te wees nie, maar moet bekwaam wees op die ampspligte uit te voer en ook beskikbaar wees om take te verrig.
'n CV van die genomineerde, met betrekking tot die pos waarvoor die kandidaat genomineer word, moet die nominasie vergesel.
Slegs lede wat hul ledegeld vir 2018 betaal het, mag 'n persoon nomineer vir 'n bepaalde pos.
Alle nominasies moet 14 dae voor die verkiesingsdatum by Perez Julyan per e-pos by pjulyan@gmail.com of per hand ingehandig word.
Geen nominasies sal na die afsnydatum aanvaar word nie.
Vir enige navrae bel Perez Julyan by 076 203 2889.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'