GEORGE NUUS - George-rugbyklub se eerste en tweede span het albei gekwalifiseer vir 'n tuishalfeindstryd nádat albei verlede Saterdag oortuigend met hul teenstanders afgereken het.
Die eerste span het Happy Hearts met 105-12 verniel. George het altesaam 17 drieë gedruk en tien doelskoppe oorgeskop. Die driedrukkers was Nathan Scott (2), Ashley Galant (2), Nathan Church (2), Terence Venter (2), Eswin Heyns (1), Chris Kruger (2), Logan Vorster (1), Jerome Claassen (1), Gavin Plaatjies (1), Brandon Pienaar (1) en Eugene Heyneke (1). Scott het ook met nege doelskoppe geslaag en Terence Venter met een.
George se tweedes het Happy Hearts met 46-3 geklop en is in die eerste plek op die puntelys met 'n tuishalfeindstryd in die sakkie.
Vir George het Wynand van den Berg (1), Werner Barnard (1), Tristan Steyn(1), Braden Andrews (1), Riaan Barnard (1) en Kotie Liebenberg (3) drieë gedruk. Die span wat vanjaar die SWD Presidentsliga, wat bestaan uit die drie streke Langeberg, Karoo en Kusstreek, wen sal in 2019 in die Premierliga meeding.
Die kwarteindonde van die Presidentsliga-kompetisie vind plaas op:
- 18 Augustus, die halfeindstryde op
- 25 Augustus en die klubeindstryde op
- 1 September op Outeniquapark.
In die Langeberg-streek moet Mosselbaai en Albertinia hul kragmeting van vroeër oorspeel. Die wenner hier skuif tot bo-aan op die en sal saam met George vir 'n tuishalfeindstryd kwalifiseer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'