Update
GEORGE NUUS - Manie Libbok, oudleerling van die Hoërskool Outeniqua, het vanmiddag gewys waarom nog groot dinge van hom in die Springboktrui verwag word.
Nie net het hy met 5 doelskoppe geslaag nie, maar hy het ook 'n stewige vertoning gelewer vir die Springbokke in hul oorwinning van 63-21 teen Italië.
Met sy aandeel vanmiddag beteken dit dat Libbok nou 10 punte in die groentrui agter sy naam het. Dit was die tweede keer dat hy vir die Springbokke gespeel het.
Hy het verlede Saterdag sy toetsdebuut teen Frankryk gemaak toe hy kort voor die einde van die toets opgestuur is.
Vandag het hy heelwat meer speeltyd gekry en na sy goeie vertoning is hy sekerlik 'n sterk aanspraakmaker vir die Springbokke se beginspan aanstaande Saterdag teen Engeland.
Nog 'n oudleerling van Outeniqua, Duhan van der Merwe, speel vanmiddag vir Skotland teen Argentinië.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'