GEORGE RUGBYNUUS - Manie Libbok, oudleerling van Hoërskool Outeniqua, het Saterdag 12 November kort voor middernag Suid-Afrikaanse tyd, 'n volwaardige Springbok geword.
Hy het kort voor die einde van die toets tussen Suid-Afrika en Frankryk van die plaasvervangerbank vir die Springbokke opgedraf.
Die skool het al verskeie Springbokke opgelewer waaronder Johan Heunis, Akker van der Merwe en Warrick Gelant.
Dit was 'n spannende toets en die Franse het eers naby aan die einde die knoop deurgehaak en uiteindelik met 30-26 gewen.
Een speler van Suid-Afrika en een speler van Frankryk het rooi kaarte gekry vir oortredings wat beteken het dat beide lande die toets vir groot dele met 14 spelers elk moes speel.
Boonop het een van die Springbokke 10 minute voor die einde 'n geel kaart gekry, wat beteken het dat Suid-Afrika die wedstryd met 13 spelers voltooi het.
Verwante artikel: Libbok kry Saterdag sy kans teen Frankryk
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'