Gallery Video
GEORGE SPORTNUUS EN VIDEO'S - Daar heers 'n karnavalatmosfeer by Outeniquapark waar die SWD se klub finaal kompetisie plaasvind.
Groot afwagting heers veral vir die hoofwedstryd wat om 16:15 plaasvind.
FOTOGALERY: SWD se klub finale kompetisie
Crusaders en Heidelberg gaan dit uitspook om te bepaal wie is die kampioenspan in die Super A liga. Teen kort gelede was daar reeds sowat 5000 mense by die stadion.
Talle mense het nog buite die stadion tougestaan om kaartjies te koop.
Heidelberg is reg vir die groot stryd. Heidelberg se span wat in die Super Liga A finaal om 16:15 speel, is by Outeniquapark.
Fernell Pretorius, kaptein van Heidelberg,het sy indrukke kort gelede met Group Editors gedeel.
Outeniquapark is volgepak en al die kaartjies is uitverkoop.Alresaam 7500 toeskouers woon die geleentheid by.
Die trofee waarvoor meegeding word in die onderskeie kompetisies. Foto's:Eugene Gunning
VIDEO - Brendon Adams, 'n burgemeesterskomiteelid van die George-stadsraad woon die geleentheid by (Video: Eugene Gunning, George Herald).
VIDEO - Fernell Pretorius, kaptein van Heidelberg,het sy indrukke kort gelede met Group Editors gedeel (Video: Eugene Gunning, George Herald).
VIDEO - Wat sê Hessequa se burgemeester? (Video:Eugene Gunning, George Herald ).
VIDEO - Crusaders is reg Layle Delo, kaptein, vertel oor sy span se kanse (Video: Eugene Gunning).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'