GEORGE NUUS - CJ Stander, kaptein en agtsteman van die Ierse klubspan, Munster, het verlede Saterdagaand op Outeniquapark uitgeblink in sy span se oorwinning van 39-22 in die Guinness Pro14-wedstryd teen die Southern Kings.
Stander het 'n drie gedruk en is luidkeels deur die groot groep toeskouers aangemoedig.
Die Munster-ondersteuners, geklee in rooi, het spesiaal vir hom gesing om hom geluk te wens met sy 28ste verjaarsdag, wat hy verlede Donderdag op sy ouers se plaas net buite George gevier het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'