GEORGE NUUS - Die Arende speel dié Saterdag om 15:00 teen die Boland Kavaliers in Porterville in 'n eerste divisie van die Curriebeker- én Mzansi-reekse.
As die Arende wen, is hulle byna verseker van 'n eindstryd in die Curriebekerreeks.
Dit gaan op die oomblik goed met die Arende nadat die span die afgelope tyd reeds ses oorwinnings agtereenvolgens behaal het. Die span beklee met 33 punte die eerste posisie op die punteleer.
Daarna vind die halfeindstryd en eindstryd plaas en die Arende het 'n goeie kans om daarvoor te kwalifiseer,
As die Arende Saterdag teen Boland verloor is alles nie verlore nie. Baie sal dan afhang van hoe die ander spanne vaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’