GEORGE NUUS - Twee o. 16-rugbyspanne van Argentinië speel komende Saterdag, 30 Julie, teen Hoërskool Heatherlands se o.16's hier in George.
Die kragmetings teen St George's High School van Argentinië vind plaas op Heatherlands se veld as deel van 'n rugbydag wat die skool organiseer. Die dag sluit ook basketbalwedstryde vir o.16's in.
Nog drie skole is na die rugbydag genooi: Sao Bras Sekondêr van Mosselbaai, Pacaltsdorp Sekondêr en Groot-Brak Sekondêr.
Die oorsese spanne speel tussen 09:00 en 11:00 en daarna is die plaaslike skole, Heatherlands inkluis, aan die beurt tot ongeveer 13:30. Dit sal almal o.18-wedstryde wees.
Kidron Kaboni, sportonderwyser by Heatherlands, sê geen toegang is betaalbaar nie. 'n Verskeidenheid stalletjies sal verversings verkoop. Hy het die publiek genooi om te kom deel in die opwinding van die dag.
"Die rugbydag is deel van die bemarking van ons skolesport en ons skool wat ideaal geleë is vir sulke sportgeleenthede. Die skool groei jaarliks. Ons is nou ses jaar oud en in dié tyd het die leerdertal met 200 gegroei. Ons staan tans op 641 leerders," het Kaboni gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'