GEORGE RUGBY NUUS - Die SWD Arende is verlede Vrydagaand op Outeniquapark ná die eindstryd teen die Valke as die Curriebeker se Eersteligakampioen gekroon.
Hulle speel eerskomende Dinsdag teen die Cheetahs in Bloemfontein in 'n promosie-relegasiewedstryd om te bepaal watter een van hulle in 2019 in die Curriebeker se Premierliga gaan meeding.
Bekervreugde vir die Arende nadat hulle die Valke verlede Vrydagaand op Outeniquapark in die Curriebeker se Eersteliga-eindstryd met 36-27 geklop het. Foto's: Hugo Redelinghuys
Alshuan Bock, vleuel (links), en Leighton Eksteen, heelagter, vier fees nadat die Arende as die Curriebeker se Eersteligakampioen gekroon is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'