Gallery Video
TUINROETE | KAROO NUUS EN VIDEO - Die Vastrap 4x4-klub het onlangs die Vleesbaai Duine-roete aangedurf. Hoewel dit gereën het, het 15 voertuie deelgeneem en die dag saam met hul gesinne geniet.
Jonk en oud geniet die 4x4-avonture met baie gelag en 'n paar naelbyt-oomblikke tussenin.
FOTOGALERY: Vastrap-klub se lede leef voluit
'n Resies is by die langduin gehou om te bepaal watter voertuig die duin die vinnigste kan "uitklim". Die Landcruisers het op die ou end koning gekraai.
Lede van die klub kom ten minste een keer per maand byeen, met mense van oral in die Tuinroete wat hul avontuurlustige kant uitleef.
'n Skattejag word vir 3 September beplan, waaraan enige voertuig kan deelneem. Die skattejag eindig by The Rock, waar die prysuitdeling gehou sal word.
Die wat nie 'n 4x4 het nie, kan dan by diegene met 4x4's inklim om ook die 4x4-roete ook te ry.
Om by die klub aan te sluit, kontak Kobus (076 397 9720).
VIDEO - Vastrap-klub se lede geniet lewe voluit (Video: Klublede & Editing: Jannie du Plessis).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'