Gallery
GEORGE ROLBAL NUUS - Eden-rolbal se jaarlikse enkelkampioenskappe, het vanjaar van die mees kompeterende rolbal in 'n lang tyd opgelewer.
In ten minste agt van die wedstryde was die uitslag tot die laaste kop nog in die weegskaal.
Fotogalery: Robal in Eden-toernooi
Die toernooi is by die George-rolbalklub gespeel en die gasheerklub asook Outeniqua-rolbalklub se spelers het die toernooi oorheers.
Uitslae
- Mans ope: 1 Tiaan Tredoux (Outeniqua), 2 Henk Barnard (George), Thinus Oelofse (Outeniqua).
- Vroue ope: 1 Colleen Piketh (George), 2 Nan Roos (Hartenbos, 3 Susan Meyer (Outeniqua).
- Veterane mans: 1 Japie Combrinck, 2 Robin Gibbs, Fanie Otto (almal Outeniqua).
- Veterane vroue: 1 Petra-Anne Bashford, 2 Martie Pringle (beide George), 3 Truda Styger (Vista).
- Beginner mans: 1 Erwee Harding-Male (George), 2 Johan Snyman, Frikkie Vermeulen (Beide Oudtshoorn).
- Beginner vroue: 1 Skwin Luyt (Oudtshoorn), 2 Jane Ewing, 3 Tracy van Straaten (beide Outeniqua).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'