GEORGE NUUS - Eden-atlete het verlede Sondag, 19 Mei, aan die tweede dubbelkampbyeenkoms van die seisoen in Groot-Brakrivier deelgeneem.
Dubbelkamp is die winterbeen van driekamp, waar swem met hardloop vervang word. Die wedloop begin met hardloop, waarna die atlete op hul fietse klim en eindig met 'n finale hardloop-item. Elke afdeling binne die dubbelkamp het sy eie afstande.
Die volgende byeenkoms vind op Sondag 2 Junie plaas. Atlete moet aan twee van die drie byeenkomste deelneem, asook ‘n kwalifiserende tyd behaal, om vir die Eden-dubbelkampspan in aanmerking te kom.
Dié span sal 7 Julie aan die SA kampioenskappe in Midmar deelneem.
Volg die aksie op www.edentriathlon.co.za.
Die podiumuitslae was as volg:
Super naelren (2,5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1,2 km-hardloop):
Mans/seuns:
1. Johannes Brink
2. Henri du Plessis
3. Cameron McEwan
Vroue/dogters:
1. Annabelle McEwan
2. Dunè Haasbroek
3. Leonè Theron
Mornè Gricius Foto: Pieter Els
Naelren (5 km-hardloop, 20 km-fietsry, 2,5 km-hardloop):
Mans:
1. Josua Vorster
2. Sebastian Swart
3. Travis Oosthuizen
Vroue:
1. Marilie Duvenhage
2. Amelia Manning
3. Zani Smit.
Nina Cloete Foto: Pieter Els
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’