GEORGE ROLBALNUUS - Span Talisman was in hul noppies, maar ook verras, met hul tweede plek na die tweede been van die Outeniqua-rolbalklub se somerliga vir besigheidspanne.
Die span, waarvan die lede redelik onervare is, het hul goeie posisie te danke aan 'n goeie oorwinning oor Fireballs. Hulle spog nou met 26 ligapunte wat dieselfde hoeveelheid as The Legends is wat vanuit die staanspoor van die reeds in die eerste plek is. The Legends het hul eerste plek behou nadat hulle Blanco Buurtwag afgestof het.
Kommaweer Stoffeerders, een van die borgspanne, neem die derde plek in na hul oorwinning oor Diva's en Carpet King beset die vierde plek nadat hulle vir Moore geklop het.
Die kompetisie bereik vanaand (Donderdag) die halfpadmerk en verskeie spanne het nog hul oog op die titel. Die laaste drie skofte raak al moeiliker omdat krag teen krag te staan kom.
Blanco Buurtwag is die voorste groentjiespan met hul negende plek, maar is vasberade om hul posisie aansienlik te verbeter.
Verskeie spanne oefen Dinsdagaande wat daarop dui dat hulle die kompetisie met erns benader. Alle belangstellendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon. Die klublede berei ligte etes en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar. Die wedstryde begin stiptelik om 18:00.
Uitslae:
1 The Legends 26; 2 Talisman 26; 3 Kommaweer Stoffeerders 23; 4 Carpet King 22; 5 Bowling Stones 22; 6 KTV 21; 7 Butz & Gutz 20; 8 Finovo 18; 9 Blanco Buurtwag 18; 10 Diva's 17; 11 Bomb Squad 17; 12 Kloppers CAW 17; 13 Coastal Relax 17; 14 Fireballs 16; 15 Tavcor 16; 16 Golden Girls 16; 17 Redline 15; 18 Elbow Benders 15; 19 Just Property 15; 20 Moore 14; 21 Assupol 13; 22 Balls of Fury 13; 23 Meyerkon 11; 24 Ricoh 10; 25 Bowlistics 10; 26 SP Legal 7; 27 Bermuda Triangle 7; 28 Jack & 3 Jills 6.
Wedstrydlys:
Tavcor t Golden Girls; Redline t Elbow Benders; Just Property t Moore; Assupol t Balls of Fury; Meyerkon t Ricoh; Bowlistics t SP Legal; Bermuda Triangle t Jack & 3 Jills; The Legends t Talisman; Kommaweer Stoffeerders t Carpet King; Bowling Stones t KTV; Butz & Gutz t Finovo; Blanco Buurtwag t Diva's; Bomb Squad t Kloppers CAW; Coastal Relax t Fireballs.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'