GEORGE ROLBAL NUUS - In weerwil van 'n oorwinning oor Halfway Toyota Butz & Gutz moes Kommaweer Stoffeerders hul voorsprong op die punteleer in die Relax Beds & Foam Somerliga van die Outeniqua-rolbalklub aan Supporters afstaan.
Hierdie kampioenspan van die vorige reeks het vir Jack's Paint & Hardware met 'n groter punteverskil geklop en is nou met net een ligapunt voor.
Na die derde ronde in die reeks is daar bra min te kies onder die voorste paar spanne en kan nog heelwat skommelings onder die voorlopers plaasvind.
Met hul sewende plek is Coastal Armature Winders die beginnerspan wat tans die beste geplaas is en tot dusver baie goed vaar.
Leon Langeveld van KTV, wat een van die mees ervare spelers in die handelsliga is, was van mening dat die gereelde deelnemers al beter speel en nie maklik op die baan geïntimideer word nie.
Vanaand (Donderdag) in die vierde been van die reeks gaan dit 'n taai stryd tussen die twee voorlopers afgee terwyl Accidental Bowlers en Mend a Bath 'n ewe kompeterende wedstryd gaan oplewer.
So is daar nog verskeie ander stryde wat na verwagting uitstekende rolbal gaan opdis.
Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, en alle belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon.
Ligte etes word deur die klublede berei terwyl 'n kontantkroeg ook beskikbaar is.
Uitslae:
1 Supporters 35; 2 Kommaweer Stoffeerders 34; 3 Accidental Bowlers 32; 4 Mend a Bath 32; 5 Kirsten & Tulleken Vervoer 30; 6 Halfway Toyota Butz & Gutz 30; 7 Coastal Armature Winders 29; 8 Jack's Paint & Hardware 28; 9 Magic Rollers 27; 10 Supa Rollers 26; 11 Bowling Stones 26; 12 Crocs 25; 13 Biltong & Braai 25; 14 Talisman 24; 15 Relax Beds & Foam 24; 16 Spares Squad 23; 17 Total Gaz 23; 18 Hot Shots 23; 19 Amec 22; 20 Ricoh 22; 21 Bushwackers 22; 22 Roes 20; 23 Vorster Motors 19; 24 Just Property 18; 25 Unibuild Bowlers 15; 26 Orange Apples 15; 27 Kruger Internasionaal 13; 28 JB Motors 12.
Wedstrydlys:
Relax Beds & Foam t Spares Squad; Total Gaz t Hot Shots; Amec t Ricoh; Bushwackers t Roes; Vorster Motors t Just Property; Unibuild Bowlers t Orange Apples; Kruger Internasionaal t JB Motors; Supporters t Kommaweer Stoffeerders; Accidental Bowlers t Mend a Bath; KTV t Halfway Toyota Butz & Gutz; Coastal Armature Winders t Jack's Paint & Hardware; Magic Rollers t Supa Rollers; Bowling Stones t Crocs; Biltong & Braai t Talisman.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'