Gallery
SUID-KAAP NUUS - Die 11de Timbercity Cycle Tour het Sondag 9 Oktober in Oudtshoorn plaasgevind, met Route 62 Bar en Grill as die begin- en eindbestemming.
Meer as 200 deelnemers het die padwedren voltooi oor afstande van 104km, 57km en 30km. Bo en behalwe die padwedren was daar ook 'n 91km grondpadfietswedren.
Deelnemers aan die 104 km kon met hul tyd kwalifiseer vir die wel bekende Cape Cycle Tour.
Die wenner van die 104km in die mansafdeling is John-Pierre Weideman met 'n blitsige tyd van 2:46:28s. Kort op sy hakke was Daniel Loubser in die tweede plek en Tristan Nortjé in die derde plek.
FOTOGALERY: Timbercity Cycle Tour op Oudtshoorn
Die vrouewedren is gewen deur 'n bekende legende in fietsrykringe, Anriette Schoeman, met 'n tyd van 3:26:01s. Schoeman het die fietsren al tien keer gewen. Sy is gevolg deur Jessie Munton (tweede) en Juanita Mackenzie (derde).
Plaaslike Knysna fietsryer Damon Terblanche het in die 91km grondpadfietswedren in die derde plek geëindig.
Anroux Marais, minister van die Wes-Kaapse departement van sport en kultuur, en David Bellairs, direkteur van die Cape Town Cycle Tour, het die geleentheid ondersteun.
Sinead Hattingh en Marco Pohl het die 30 km-wedren met hul tandemfiets aangedurf.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'