GEORGE ROLBALNUUS - Twee spanne in die Coastal Relax Beds & Foam handelsliga by die Outeniqua-rolbalklub, Kommaweer Stoffeerders en T&T, is met die mombakkies huis toe gestuur nadat hulle deur hul kollegas en vriende in twee wraakstryde geklop is.
Coastal Relax het vir Kommaweer Stoffeerders afgestof terwyl KTV vir T&T in 'n spannende stryd geklop het.
Redline is steeds onoorwonne en voor op die punteleer alhoewel hulle waardevolle ligapunte teen Finovo afgestaan het. Hulle kom vanaand (Donderdag) in die voorlaaste wedstryd van die reeks teen die ervare KTV te staan.
Loerie Guest Lodge, wat derde op die punteleer is, gaan Finovo pak terwyl Coastal Relax teen Accidental Bowlers te staan kom.
Die wedstryde begin om 18:00 en alle belangstellendes is welkom om dit op die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, by te woon. Indien swak weer verhoed dat die wedstryde gespeel kan word, word dit na aanstaande Dinsdagaand geskuif.
Die klublede berei ligte etes en daar ook 'n kontantkroeg beskikbaar.
Uitslae
1 Redline 45; 2 KTV 41; 3 Loerie Guest Lodge 41; 4 Finovo 40; 5 Coastal Relax 37; 6 Accidental Bowlers 35; 7 Elbow Benders 35; 8 T&T 34; 9 Ricoh 31; 10 Kommaweer Stoffeerders 30; 11 Carpet King 28; 12 Bowling Stones 26; 13 Talisman 26; 14 SP Legal 23; 15 Butz & Gutz 22; 16 Just Property 18.
Wedstrydlys
Redline t KTV; Loerie Guest Lodge t Accidental Bowlers; Finovo t Coastal Relax; Elbow Benders t Rcoh; T&T t Kommaweer Stoffeerders; Carpet King t Talisman; Bowling Stones t Butz & Gutz; SP Legal t Just Property.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'