GEORGE ROLBALNUUS - Vanjaar se reekse besigheidsliga-uitdagings by die Outeniqua-rolbalklub word vanaand afgeskop en die Boksombende, die vorige reeks se wenners, is weer daar om hul titel te verdedig.
Die meeste van die vorige reeks se deelnemers is weer daar om hul slag te wys terwyl Pik 'n Wyn na 'n rustyd ook weer op die toneel gaan verskyn.
Die enigste nuwelinge op die baan is BBC Bolle Rollers, Eden Bouprojekte, Top Plan Bouers en SPW.
Met 28 spanne wat ingeskryf het is twee bane gevul met die derde wat kan rus en rotering moontlik maak.
Die wedstryde begin om 18:00 en die gelukstrekking vind teen ongeveer 20:00 plaas.
Alle belangstellings is welkom om die wedstryde gratis by te woon op die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark. Die klublede berei ligte etes en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Wedstrydlys:
- SP Legal t BBC Bolle Rollers;
- Accidental Bowlers t Boksom-bende;
- Bowlistics t Carpet King;
- Butz & Gutz t Bowling Stones;
- Coastal Relax t Just Property;
- Divas t Elbow Benders;
- Eden Bouprojekte t Pik 'n Wyn;
- Finovo t 4 Musketeers;
- KTV t Top Plan Bouers;
- Kommaweer Stoffeerders t Meyer-kon Konstruksie;
- Mac Dee Hops t Tavcor;
- Ricoh t Talisman;
- Four Jacks t Ricoh Sales;
- SPW t Tyres & Treads.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'