GEORGE ROLBALNUUS - Tiaan Tredoux en sy Outeniqua-span het uitstekend in die Eden gemengde vierspel gevaar deur silwer te verseker.
Sy ander spanlede was Marius Roberts, Tish Cameron en Marlene Coetzer en hulle het in die eindstryd vir die goue medalje teen die span van Johan de Bruyn te staan gekom wat uiteindelik die wenners was.
In die eindstryd, wat op Sedgefield gespeel is, was van die heel beste spanne in die streek in aksie en goeie rolbal is deurgaans gesien.
Die span van Neville Ewing met Barry Connellan, Jane Ewing en Judy Swart wat in die uitspeelstryd by die George-rolbalklub uitstekende rolbal gespeel en die gedugte span van George wat onder andere twee Protea-spelers, Billy Radloff en Colleen Piketh ingesluit het geklop.
Hulle het in die uitspeelstryd om brons teen die Knysna-span van Arlene Bosse te staan gekom en is net-net geklop.
Die lede van die twee Outeniqua-rolbalspanne wat uitstekend in die Eden gemengde vierspel gevaar het na afloop van die wedstryde. Van links is Neville Ewing, Judy Swart, Jane Ewing, Marlene Coetzer, Barry Connollan, Tish Cameron, Marius Roberts en Tiaan Tredoux.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'