GEORGE ROLBALNUUS - Altesaam 36 spanne, die meeste sedert die begin van die handelsliga, gaan van vanaand (Donderdag) af in die Relax Beds & Foam en Riaan de Wit Prokureurs se handelsliga op die bane van die Outeniqua-rolbalklub hul slag wys.
As gevolg van die groot hoeveelheid spanne gaan die nuwe Greg Young-baan ook vir die eerste keer in gebruik geneem word.
Die spanne sluit 14 nuwelingspanne in wat vir die eerste keer die rolbalbane gaan betree.
Die res van die spanne sluit ook verskeie ervare spanne in wat hul slag in die verlede gewys het.
Die kampioenspan van die vorige reeks, Kommaweer Stoffeerders, gaan weer in aksie wees en hul titel met alle mag verdedig. Supporters, wat net-net die titel misgeloop en veral in die finale wedstryde dramaties opgeskuif het, is ook weer in aksie en gaan die kampioenskap van meet af aan in die oog hou.
Die nuwelingspanne wat vir die eerste keer in aksie gaan wees, is Moore Stevens, Sanlam, Beula Beauty House, Boshoff Visser Ing, 3 Jacks & a Jill, Riaan de Wit Prokureurs, Ballbarians, Die Electric Unit, Ma se Ganse, Bearing Warehouse, Boksombende, SP Legal, The Outcasts en The Woshery.
Die 36 spanne wat aan die reeks gaan deelneem, is Bowling Stones, Biltong & Braai, Divas, Coastal Armature Winders, Finovo, Hot Shots, Moore Stevens, Sanlam, Mend a Bath, Smitties Nr Plates, Ricoh, York Auto, Beula Beauty House, Boshoff Visser Ing, Supporters, Talisman, 3 Jacks & a Jill, Unibuild Bowlers, Riaan de Wit Prokureurs, Ballbarians, Boardware George, Bushwackers, Butz & Gutz, Die Electric Unit, 4 Musketeers, Jack's Paint & Hardware, KTV, Kommaweer Stoffeerders, Ma se Ganse, Relax Beds & Foam, Bearing Warehouse, Boksombende, Mac Dee Hops, SP Legal, The Outcasts en The Woshery.
Die wedstryde skop elke Donderdagaand vir die volgende ses weke om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, af en alle belangstellendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon. Die klublede berei ligte etes terwyl 'n kontantkroeg ook beskikbaar is.
Wedstrydlys:
Riaan de Wit Prokureurs t Bowling Sones; Ballbarians t Biltong & Braai; Boardware George t Divas; Bushwackers t Coastal Armature Winders; Butz & Gutz t Finovo; Die Electric Unit t Hot Shots; 4 Musketeers t Moore Stevens; Jack's Paint & Hardware t Sanlam; KTV t Mend a Bath; Kommaweer Stoffeerders t Smitties Number Plates; Ma se Ganse t Ricoh; Relax Beds & Foam t York Auto; Bearing Warehouse t Beula Beauty House; Boksombende t Boshoff Visser Ing; Mac Dee Hops t Supporters; SP Legalt Talisman; The Outcasts t 3 Jacks & a Jill; The Woshery t Unibuild Bowlers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'