Gallery
GEORGE ROLBALNUUS - Eden Nomads het die jaar met 'n suksesvolle toernooi op die bane van die Outeniqua-rolbalklub afgesluit en in die proses blikkieskos vir behoeftiges ingesamel.
Deelnemers is aangemoedig om uitrustinges te dra wat by die gees van Kersfees inpas.
Die wenners van die dag, wat Warwick Health geborgde pryse ontvang het, was Geoff Bronkhorst, Louise Kapp en Louis Prinsloo.
Die bes geklede Nomad van die dag was Corlea van Wyk en "spider" is deur Jerome Bezuidenhout gewen.
Nuwe Nomads lede is ook tydens die prysuitdeling verwelkom.
Sommige van die Nomads lede en besoekers skuil hier teen die son en is opgewonde oor die bydraes van blikkies kos wat hulle in "Pandora se boks" vir behoeftiges geplaas het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'