GEORGE NUUS - Die George Sport Afdeling in samewerking met Eden Netbal Federasie het die afgelope Saterdag, 14de Oktober, ‘n suksesvolle netbal kliniek aangebied vir 22 leerders van die Geelhoutboom VGK Primere Skool.
Die leerders wat hieraan deelgeneem het, se ouderdomme het gewissel tussen 9-13 jaar oud.
Die George Munisipaliteit bedank alle rolspelers wat van hierdie dag ‘n sukses gemaak het.
Op die foto links agter is die opvoeder by Geelhoutboom VGK Primer, Me Desray Moolman. Agter (middel) is Me Yolande Spocter en Me Lizelle Petersen (Assistent fasiliteerders Eden Netbal Federasie) en heel regs, Me Rene Booysen (Hoof fasiliteerder en Eden Netbal Ontwikkeling en Transformasie Beampte)
Die leerders wat hieraan deelgeneem het, se ouderdomme het gewissel tussen 9-13 jaar oud.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'