GEORGE NUUS - Laerskool George-Suid het 'n groot sportdag vir laerskole by Hoërskool Oueniqua aangebied.
Rugby, hokkie en netbal was op die sportspyskaart. Johan Faasen het by die rugby gaan inloer en vir die George Herald 'n paar aksiefoto's afgeneem.
Chris Nel (Laerskool George-Suid) val met brute krag oor die doellyn vir sy drie.
Chris Nel, sterk haker van Laerskool George-Suid se o.11A-span, storm met mening doellyn toe.
Arno Badenhorst (Laerskool Outeniqua) vang die bal in 'n lynstaan.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'