Gallery
GEORGE NUUS - Sedert Saterdagmiddag word hier in geel, pers, wit en swart feesgevier nadat Hoërskool Outeniqua se eerste rugbyspan vir Hoërskool Oudtshoorn met 62-19 afgeslag het in 'n FNB Classic Clashes-wedstryd.
Die Kwaggas se groot held was ongetwyfeld hul losskakel, James Molentze wat 27 punte aangeteken het met 2 drieë, 7 doelskoppe en 1 strafdoel.
Die wenspan, wat tans die sesde posisie beklee op die Top-20-ranglys van die beste rugbyspanne in Suid-Afrika, het net te veel skietgoed vir die Struisies gehad.
Hul voor- en agterspelers het die oorhand gehad. Met die baie balbesit het hul nege pragdrieë gedruk.
Voorlangs het hul lostrio, Andreas Breytenbach (kaptein), Ruben Coetzee en Braam van Huyssteen, die kitaar geslaan.
Emileo Otto (buitesenter) en Darren Fortuin (heelagter) het agterlangs die vonk verskaf.
Die Kwaggas se ander drieë is gedruk deur J P Terblanche (slot), Van Huyssteen, Coetzee (2), Otto (2) en Fortuin.
Outeniqua se eerste netbalspan het vir Struisies met 37-17 geklop. Anuchka Julyan (hoofdoel) het 15 doele en Adele Agenbag (doel) 22 doele aangeteken. Minneke van der Merwe (kaptein) is aangewys as speler van die wedstryd.
Kwaggas se o.18A-dogtershokkiespan het ook met 3-0 gewen. Channe Altun, Hilge Halbich en Angelique Heunis het die wenspan se doele aangeteken.
Outeniqua o.18A-seunshokkiespan was met 4-0 baas. Doele is aangeteken deur Jurgen Koegelenberg, Ruan Joubert en Ruach Roux (2).
Ander uitslae:
Rugby:
PW Botha o.19A wen OHS o.19B met 5-0; OHS o.19C 5, Struisies o.19B 5; o.16A: OHS wen Struisies met 49-0. P W Botha o.16A wen OHS o.16B met 15-5; o.15A: OHS wen Struisies met 58-0. PW Botha o.15A wen OHS o.15B met 34-21; o.14A: OHS wen Struisies met 53-0; OHS o.14B wen P W Botha o.14A met 52-0.
Netbal:
o.18B : OHS wen 26-10. o.18C: OHS verloor 20-24; o.17C: OHS wen 23-6. o.17B: OHS wen 29-5; o.17D: OHS wen 20-13. o.15B: OHS wen 14-11; o.15A: OHS wen 24-6. o.15C: OHS wen 10-8; o.14A: OHS wen 21-6 o.14B: OHS wen 25-5; o.14C: OHS wen 26-2.
Hokkie: (dogters)
o.18B: OHS wen 1-0. (Anna Mart Ferreira het doel aangeteken); o.16A: OHS wen 5-1. (Ineke Ferreira (3) Marine Kruger, Janine Wasserman het doele aangeteken); o.16B: OHS wen 4-1. (Lana du Plessis, 2, Chanelle Booysen (2) het doele aangeteken); o.14A: OHS wen 3-1. (Chane Alberts, Deonell Grobler, Maya Hartlief het doele aangeteken).
Hokkie (seuns):
o.16A: OHS wen 5 -0. (Jean van Niekerk (2), Keagan Evans (2), Jaco Hein Louw het doele aangeteken).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'