Gallery
GEORGE ROLBALNUUS - Talentvolle jong rolbalspelers van Eden is vasberade om hul slag hierdie week in die nasionale kampioenskappe in Bloemfontein te toon.
Die o.20- en twee o.15-spanne is gekies om vanaf Sondag tot Saterdag aan die toernooi deel te neem waar die land se beste jong- en ontwikkelingsspelers in aksie gaan wees. Eden se jong rollers het in die verlede nog altyd puik tydens hierdie toernooi gevaar en vanjaar behoort nie 'n uitsondering te wees nie.
Van die spelers neem gereeld aan toernooie saam met senior spelers deel en het reeds goeie ervaring opgedoen.
Ten einde die jong rolbalspelers te help met die kostes om aan die nasionale kampioenskappe deel te neem is lootjies verkoop vir 'n R1 000 Pick n Pay-koopbewys as prys.
Die trekking is tydens die Eden-prysuitdeling gedoen en die wenner is Barrie Bowling van Plettenbergbaai.
Die spanbestuurder, Bronlynn Jumat (agter) by die lede van die Eden o.20 C-span. Hulle is van links: Ethen Andrews, Kyle Squires (skip), Jaco Mynhardt en Ehsanul-Lee Booysen.
Spanne is soos volg:
o.20: A: Gillian Young (skip), Joshua Dumzela, Lee-Holin Juries, Kim Jumat. Spanbestuurder: Hilton Prins.
B: Hanno Janse van Vuuren (skip), Chandrè Paulse, Marlon Saaiman, Lee-Roy Carolus. Spanbestuurder: Lyla Young.
C: Kyle Squires (skip), Ethen Andrews, Jaco Mynhardt, Ehsanul-Lee Booysen. Spanbestuurder: Bronlynn Jumat.
o. 15: A: Wenovan Fortuin (skip), Matthew Varrie, Tamryn Demas, Kyale Heynes. Spanbestuurder: Willie Lane.
B: Shameel Amardien (skip), Lucian Opperman, Damian Jantjies, Lisemi Memani. Spanbestuurder: Huibie Mynhardt.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'