KARATE NEWS - Jae-Win Balie (19), wat onlangs sy swart belt in Goju Kai Karate ontvang het, is gekies om in Augustus aan die Goju Kai-wêreldkampioenskappe in Chiba, Japan deel te neem.
Jae-Win, wat erg geboelie is op laerskool, het in 2017 aan die sport begin deelneem op aanbeveling van sy peetma.
Sommer gou het sy liefde vir die sport die oorhand gekry en in Junie daardie jaar is hy as die beste gradueerder na geel belt aangewys.
Hy sien nou uit na die wêreldkampioenskappe, wat van 5 tot 11 Augustus plaasvind.
Daar is groot onkostes verbonde aan hierdie reis. Enigiemand wat Jae-Win wil ondersteun met 'n donasie, kan sy ma, Roleigh Balie, by 071 729 7669 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’