GEORGE ROLBALNUUS - Die eerste Bell Classic wat deur die Outeniqua-rolbalklub aangebied word, het verskeie Protea en internasionale rolbalspelers na George gelok wat van vandag (Donderdag) mekaar op die grasbaan gaan pak.
Die Bell Classic, wat die hoogste prysgeld (R60 000) nog by die Outeniqua-rolbalklub aanbied, het 96 deelnemers vanoor die hele land gelok.
Die twee plaaslike Protea-spelers, Billy Radloof van George-rolbal-klub en Thinus Oelofse van Outeniqua-rolbalklub, gaan ook in aksie wees en beslis hl tuisvoordeel ten volle benut.
Die Protea Colleen Piketh wat met ses titels die rekord hou vir die meeste SA meester oorwinnings gaan ook haar slag op die baan wys en na verwagting baie kompeterend wees teen die manlike spelers.
Sy het Suid-Afrika reeds by verskeie internasionale kompetisies verteenwoordig en staan bekend as die goue dame van rolbal in Suid-Afrika.
Die ervare Protea Jerry Baker wat die SA meesters al by vyf geleenthede agter sy naam geskryf het, is nog 'n opwindende speler wat dopgehou gaan word.
Daar ook twee lede van die SA Golden Squad, Bradley Robinson en Outeniqua-rolbalklub se Gillian Young, wat ook ingeskryf het. Young is die jongste speler in die toernooi en dit sal interessant wees om te sien hoe sy vaar.
Die toernooi bestaan uit nege wedstryde met elke span wat drie per dag speel. Die eerste wedstryde skop vanoggend af en die laaste word Saterdag gespeel waarna die prysuitdeling sal plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'