GEORGE ROLBALNUUS - Danksy 'n "huursoldaat", Boet Gericke, wat hulle nader geroep het, het KTV hul voorsprong op die punteleer in die Outeniqua-rolbalklub se somerliga behou en gaan vanaand (Donderdag) die eindstryd vol vertroue binne.
Die voorlopers is nou vier punte voor Just Property wat vir die eerste keer sedert hul deelname aan sosiale rolbal die tweede posisie inneem.
Die twee spanne kom in die eindstryd teen mekaar te staan, maar dit is nie 'n uitgemaakte saak dat een van hulle die kampioenskap gaan beklink nie.
Talisman en Bowling Stones, wat onderskeidelik derde en vierde is, kan met goeie spel die voorsprong uitwis en vir 'n verrassing sorg.
The Legends en Blanco Buurtwag het beide 47 ligapunte en kom teenmekaar te staan.
In die vyfde ronde het Diva's, Talisman en Moore onttrek, wat kaarte bietjie deurmekaar gekrap het, maar die voorlopers het vasgebyt.
Die klub hou nou duim vas dat die reeks in die lig van die Covid-19-bedreiging voltooi sal kan word
Al die spelers word na afloop van die wedstryde op 'n steakete getrakteer.
Uitslae:
1 KTV 56; 2 Just Property 52; 3 Talisman 50; 4 Bowling Stones 48; 5 The Legends 47; 6 Blanco Buurtwag 47; 7 Redline 46; 8 Kloppers CAW 46; 9 Finovo 45; 10 Kommaweer Stoffeerders 45; 11 Meyerkon 44; 12 Coastal Relax 43; 13 Carpet King 43; 14 Bomb Squad 41; 15 Assupol 40; 16 Ricoh 40; 17 Fireballs 38; 18 Tavcor 37; 19 Bermuda Triangle 37; 20 Golden Girls 35; 21 Bowlistics 35; 22 Butz & Gutz 34; 23 Elbow Benders 33; 24 Balls of Fury 31; 25 Diva's 29; 26 Moore 29; 27 Jack & 3 Jills 28; 28 SP Legal 21.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'