Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die George Tens Sport & Lifestyle Festival sal van 2 tot 5 Desember op Outeniquapark en by omliggende gebiede aangebied word.
Dit is gisteraand (Donderdag 23 September) tydens die amptelike bekendstelingsgeleentheid bevestig. Die geleentheid is bygewoon deur onder meer Heyneke Meyer en Ig van der Merwe, wat die dryfkrag agter die geleentheid is, Leon van Wyk, George se burgemeester en Dirk Wessels, burgemeesterskomiteelid vir finansies en strategiese dienste.
Die George-munisipaliteit is betrokke by die geleentheid.
Meyer het gesê hy glo die geleentheid sal groei. "Mense se gesondheid is die heel belangrikste en Covid-19 protokolle sal gevolg word. Dis belangrik dat die geleentheid voortgaan. Mense moet hoop gegee word. Sonder hoop kan mense nie lewe."
Van die sportsoorte wat aandag sal kry sluit in rugby (mans en vroue), veldwedlope (trail running), bergfietsry, gholf, netbal en rolbal.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'