SKAAK - Vyftien spelers van Eden-skaak het van 27 April tot 1 Mei aan die SA junior geslote skaakkampioenskappe in Benoni deelgeneem.
Spelers neem op uitnodigingsbasis aan hierdie toernooi deel en hierdie 15 was onder die top-30-spelers vir elke ouderdomsgroep wat uitgenooi was.
Dit is al klaar 'n groot prestasie net om gekies te word om aan die toernooi deel te neem en Eden-skaak is trots op elke speler.
By die toernooi het die volgende spelers gekwalifiseer om deel te wees van die SA span by die African Youth Chess Championship wat gedurende die Junie-skoolvakansie in Benoni plaasvind: Bethany Fredericks, Mari Greeff, Kayleigh Cornforth en Raynier Claassen.
Eden-skaak bedank alle betrokkenes vir hul ondersteuning, asook die ouers wat saam met hulle kinders gegaan het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’