GEORGE NUUS - Die Springtide Triathlon Academy, onder leiding van die voormalige Springbok-driekampatleet, Franna Vorster, gaan op Vrydag 25 Mei die eerste van 'n reeks junior dubbelkamp-ontwikkelingsbyeenkomste by Heatherlands High Skool (voorheen Die Bult) aanbied.
Hierdie byeenkoms vir juniors sal spesifiek daarop fokus om nuwelinge aan die sport van dubbelkamp (en driekamp in die somer) bloot te stel. Alle kinders met fietse, valhelms en hardlooptekkies is welkom. Die toegangsgeld is R50 per kind.
Registrasie begin om 13:00.
Ouderdomsklasse wissel as volg:
- 5 jaar en jonger: 200 m-hardloop, 500 m-fietsry, 100 m-hardloop.
- 6-7 jaar: 400 m-hardloop, 1 km-fietsry, 200 m-hardloop.
- 8-9 jaar: 800 m-hardloop, 2 km-fietsry, 400 m-hardloop.
- 10 -11 jaar: 1,2 km-hardloop, 3 km-fietsry, 800 m-hardloop.
Belangstellendes kan Franna Vorster bel by 082 799 3377.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'