TUINROETE NUUS - Eden MPA (Eden Modern Pentathlon) het gedurende Junie al die onderwysers van Carpe Diem touwys gemaak waaroor laser run gaan. Johan Windt het eers verduidelik wat laser run behels en waar dit ontstaan het en daarna elke onderwyser gewys hoe om die lasergeweer te hanteer en daarmee te skiet.
Die opwinding het gou oorgeskakel na 'n uitdagende kompetisie tussen die onderwysers en het die kompeterende sterre gou uitgestyg en het belangstellende atlete hul geïntereseertheid om aan te sluit by die sport na afloop van die byeenkoms laat blyk. Elke onderwyser van die opleiding sessie bygewoon het en die praktiese toepassing geslaag het, kon spog met 'n pragtige sertifikaat na die tyd.
Onder leiding van Marli Olen (terapeut van Carpe Diem), Johan Windt (voorsitter Mosselbaai MPA en tegniese afrigter) en Ulene Visser (voorsitter van Eden MPA) gaan Eden MPA vanaf hierdie kwartaal van die leerders in Carpe Diem begin oplei in laser run.
Enige belangstellendes in die sport kan gerus kyk na hul website www.edenmpa.co.za en een van die volgende persone kontak vir meer inligting:
Mosselbaai: Johan Windt (083 461 5096)
George: Ulene Visser (083 245 3839)
Oudtshoorn: Bart Saaiman (082 694 4362) of Email: edenmpa.chairman@gmail.com.
Marli Olen was 'n sterk kompeterende atleet. Johan Windt verduidelik hoe om na die teiken te mik.
Personeel van Carpe Diem wat almal die opleiding suksesvol geslaag het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'