ROLBALNUUS - Die roes van die grendeltyd het nie span Butz & Gutz gekniehalter om die kampioenskapstitel van die Somerliga sosiale rolbaltoernooi by die Outeniqua-rolbalklub te buit nie.
Hulle het in die hoofeindstryd van die reeks teen Carpet King te staan gekom en heeltyd met die titel in die oog gespeel.
Die eindstryde is verlede week eers gespeel omdat die inperking dit nie moontlik gemaak het nie. Accidental Bowlers het ook op al die silinders gevuur en as naaswenners uit die stryd getree.
Die spanne was duidelik opgewonde om vir die eerste keer sedert die inperking weer in spanne van vier op die bane te stap.
Nou maak hulle weer gereed vir die laaste sosiale liga van die jaar wat op 5 November afskop. Die hoofborge vir hierdie toernooi is Arrow Creek Construction, Kommaweer Stoffeerders en Tamsa Kombuise.
Tydens die toernooi sal alle Covid-19-protokolle geld. Spanne kan egter weer uit 4 lede saamgestel word.
Uitslae:
1 Butz & Gutz 66; 2 Accidental Bowlers 62; 3 Carpet King 61; 4 4 Jacks & a Jill 60; 5 Kommaweer Stoffeerders 58; 6 KTV 55; 7 Ricoh 54; 8 Eden Bouprojekte 54; 9 Talisman 54; 10 Boksombende 52; 11 Coastal Relax Beds & Foam 52; 12 Just Property 52; 13 Finovo 51; 14 Incredibles 48; 15 Mac Dee Hops 47; 16 Meyerkon 46; 17 SPW 46; 18 Ricoh Sales 45; 19 Tavcor 45; 20 Elbow Benders 44; 21 Tyres & Treads 43; 22 Bowling Stones 40; 23 BBC Bolle Rollers 38; 24 Diva's 38; 25 SP Legal 36; 26 Top Plan Bouers 33; 27 Bowlistics 33; 28 4 Musketeers 31.
Rian de Witt (links) en sy Accidental Bowlers span wat die naaswenners was met hul pryse by Emile Brodel van KWV (regs).
Butz & Gutz, die kampioenspan met hul pryse wat hulle van KWV se verteenwoordiger, Emile Brodell (tweede van regs) ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'