Die sport bied geleentheid vir oud en jonk - mans, vroue en kinders - om in hulle onderskeie afdelings deel te neem.
Die George Boogklub groei tans van krag tot krag en die boog-skietbaan by Rest Haven, Wildernishoogte, is opgegradeer met nuwe teikens.
Die klub het ook onlangs by die ABO (African Bow Hunting Organisation) geaffilieer. Dit bied aan klublede die geleentheid om nasionaal in 17 verskillende afdelings mee te ding en die klub kan dus ook nou provinsiale skiet aanbied.
Die klub beskik oor lede met jare se ondervinding in boogskiet en boogjag. Hulle het professionele jagervaring in alle tipes wild wat die Groot Vyf insluit.
‘n Instrukteur is ook nou beskikbaar wat opleiding aan kinders en volwassenes kan bied.
Hulle nooi alle belangstellendes om hulle te kontak: Kobus Venter 083 227 0888 (voorsitter), Michael Halbich 083 384 8260 (ondervoorsitter), Koos Venter 082 441 8036 (instrukteur), of Fishing Tackle and Sport 044 871 2916.
By die krokodilteiken is van links Paul de Oliveira, Elmarie Oosthuizen en Buks Barnard. Let op die goeie pylplasing op ‘n afstand van 25 meter.