Die sport het die afgelope drie jaar geweldig gegroei nadat Johan van House Of Archery begin het om sy aandag op die sport te vestig en die St Blaize Archery Club gestig het.
Die klub hou maandeliks twee skietdae tussen Heroldsbaai en Mosselbaai en die getal mense wat deelneem, groei bestendig.
Die klub se doel is om almal wat aan die sport deelneem, beter te laat presteer en om dié wat jag met ‘n pyl en boog op hulle stukke te kry sodat die jagte wat hulle doen suksesvol en eties is.
Professionele afrigting word ook tydens skietdae aangebied.
Min punte het die eerste 10 skuts onderskei.
Die deelnemers was van sover as Swellendam tot Plettenbergbaai.
Die klub neem reeds ook deel aan kompetisies in Plettenbergbaai en die skuts van Oudtshoorn gaan binnekort ‘n klub begin.
Belangstellendes kan Johan by House Of Archery (076 604 9264) skakel.
 (Large).jpg)
Daar word ook in beboste omgewings geskiet.