GEORGE ROLBALNUUS - In die mees suksesvolle eindstryde van die handelsligas by Outeniqua-rolbalklub het Boksombende enduit vasgebyt en die kampioenskap van die Ricoh en Outeniqua Plumbing Besigheidsliga oortuigend gewen.
'n Rekordgetal ondersteuners het opgedaag om die wedstryde te sien, biefstuk te eet en die sangeres Cordelia te sien optree. Die klub moes 'n totaal van 308 biefstukke braai om in al die bestellings te voorsien.
Boksombende het halfpad deur die reeks beheer oorgeneem en enduit los voor gebly.
Butz & Gutz, wat halfpad deur die reeks gegly en weer teruggeveg het, het uiteindelik die tweede plek ingeneem met Mac Dee Hops wat derde was.
Die ervare KTV, wat ook in die reeks slae gekry en kwaai gesak het, het enduit teruggeveg en die vierde plek gevat.
Die volgende reeks skop weer vroeg in die nuwe jaar af en die meeste spanne het te kenne gegee dat hulle weer gaan inskryf.
Cordelia, wat die rolbalspelers en ondersteuners met haar sang vergas het, staan hier tussen die borge en organiseerder. Van links is Emile Bredell (KWV), Fanie de Jager (Outeniqua Plumbing), Jacques Naude (Ricoh) en Greg Young (organiseerder).
Uitslae
1 Boksombende 70; 2 Butz & Gutz 61; 3 Mac Dee Hops 60; 4 KTV 56; 5 Moore Stevens 56; 6 Elbow Benders 56; 7 Meyerkon 56; 8 Chanel Doggy Parlour 54; 9 Kommaweer Stoffeerders 53; 10 Talisman 53; 11 Outeniqua Woods 51; 12 4 Musketeers 49; 13 Finovo 48; 14 Incredibowls 47; 15 Ricoh 47; 16 Coastal Relax 47; 17 King Earls 47; 18 Biopolar Plumbing 45; 19 Bowlistics 44; 20 Spares Squad 43; 21 Garden Route 41; 22 Carpet King 41; 23 Just Property 39; 24 Golden Girls 39; 25 Bril-jant 37; 26 Ricoh Sales 37; 27 Bearing Warehouse 34; 28 Tyres en Treads 33.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'