Earp Konstruksie was die hoofborg. Dié dag is goed ondersteun deur die gemeenskap en talle ouers en kinders het aan die verskillende aktiwiteite deelgeneem.
Mev. Tiens Gerber het 'n fiets met die gelukkige trekking van die Oubosborgvorms gewen. Die fiets is deur Coimbra Cycle House geborg. Altesame R41 000 is met dié projek ingesamel.
'n Potjiekoskompetisie is gedurende die dag gehou. Die potte is deur Brian Ng Yuk Shing van die Hyatt Hotel op Oubaai en Elizabeth Theron van NQTAC beoordeel. Die gr. 2-pot, met Alet Lochner aan die stuur, was vanjaar die wenner.Ancke Greyvenstein, 'n gr. 2-leerder van Laerskool Blanco, glimlag breed by die fiets wat haar ouma, me. Tiens Gerber met die gelukkige trekking van die Oubosborgvorms gewen het. Die fiets is deur Coimbra Cycle House geborg. Sy het self R200 gewen omdat haar vorm getrek is. Saam met haar is me. Julanda Vivier, organiseerder van die Oubos-bergfietsmaraton en mnr. Sas du Plessis, skoolhoof van Laerskool Blanco.

Ancke Greyvenstein, 'n gr. 2-leerder van Laerskool Blanco (middel), glimlag breed by die fiets wat haar ouma, Tiens Gerber, met die gelukstrekking van die Oubosborgvorms gewen het. Die fiets is deur Coimbra Cycle House geborg. Sy het R200 gewen omdat haar vorm getrek is. Links staan mnr. Sas du Plessis, skoolhoof van Laerskool Blanco, en me. Julanda Vivier, organiseerder van die Oubos-bergfietsmaraton.