GEORGE NUUS - 'n Bende, Boksombende, het die Stadler & Swart en Outeniqua Plumbing sosiale rolballiga van die Outeniqua-rolbalklub oorgeneem deur die Groovy Bois uit die eerste plek op die punteleer te boender.
Transformers, Ruwacon, MeentStreet Clan is van die groentjiespanne wat tans hul stemme dit maak in die kompetisie.
Butz & Gutz, 'n vorige kampioenspan, het goed opgeskuif na 'n uitstekende oorwinning en beklee nou die vyfde plek.
Die kompetisie raak duidelik hoe later hoe kwater en die verwagting is dat nog heelwat vonke gaan spat in die oorblywende rondes van die kompetisie.
Die wedstryde vind elke Donderdagaand plaas op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark en begin om 18:00.
Alle belangstellendes is welkom om die kompetisie gratis by te woon. Ligte etes asook 'n kontantkroeg is beskikbaar.
Uitslae:
1 Boksombende 25;
2 Transformers 24;
3 Ruwacon 23;
4 Meent Street Clan 22;
5 Butz & Gutz 22;
6 Ou Rollers 21;
7 Chuckies 21;
8 The Untouchaballs 21;
9 Finovo 21;
10 Bowling Stones 20;
11 Frikkie 20;
12 Groovy Bois 19;
13 Stadler & Swart 19;
14 Talisman Tigers 18;
15 Ricoh Span 17;
16 Boulers 17;
17 Apex Window Cleaning 17;
18 Kommaweer Stoffeerders 17;
19 Weldon Optical 17;
20 Meyer Konstruksie 16;
21 Wild Rovers 16;
22 The Nice Guys 15;
23 SP Legal 15;
24 Jaysmart & Pioneer Finance 13;
25 Bowlistics 12;
26 Etika 12;
27 Sapcor Wealth 12;
28 The Tax Shop George 11;
29 Southern Cape Properties Team II 11;
30 Mat Katte 10;
31 Besociables 10;
32 Die Koeksusters 10;
33 Tax Consulting 9;
34 Sweaty Balls 9;
35 Africorp Accounting 7;
36 S Cape Properties Team I 7.
Willie wat die gelukstrekking by die Outeniqua-rolbalklub gewen het, staan hier tussen verteenwoordigers van die hoofborge, Christelle van der Leeuw (Stadler & Swart) en Cindy de Jager van Outeniqua Plumbing (regs).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'