GEORGE ROLBALNUUS - Met die groot balle al rollende gaan rolbalspelers en diegene wat nog nooit aan 'n rolbal geraak het nie, soveel moontlik fondse probeer insamel om boere wat onder die knellende droogte gebuk gaan by te staan.
7's Fun Bowls Evening op 3 Junie is die Outeniqua-rolbalklub se poging om ook hulle deel by te dra vir boere en werkers wat geweldig ly onder die langdurige droogte.
Alhoewel heelwat rolbalspelers ingeskryf het, is daar ook geleentheid vir belangstellendes wat nog nooit die sport beoefen het nie. Die wedstryde begin om 17:30 en sal onder spreiligte gespeel word.
Na afloop van die wedstryde, waarvoor die inskrywingsfooi R100 per persoon is, word 'n potjiekosete vir al die deelnemers aangebied.
Musiek, 'n veiling, gelukstrekkings en vuurhoutjiebokswedrenne gaan groot genot aan veral die toeskouers verskaf.
Alhan van der Merwe, een van die organiseerders, het 'n beroep op belangstellendes gedoen om vroegtydig in te skryf aangesien net 'n beperkte aantal spelers toegelaat kan word.
Verdere inligting kan bekom word deur Van der Merwe, een van die organiseerders, by 079 875 5493 of die mede-organiseerder, Lourens Roos by 082 875 5419 te skakel.
Inskrywings kan ook by die klubhuis gedoen word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'