GEORGE ROLBALNUUS - Met 'n oorwinning oor Mend a Bath in die vierde ronde van die Supa Quick Yorkstraat en Riaan de Wit Prokureurs handelsliga by die Outeniqua-rolbalklub het Ballbarians verseker dat hulle steeds in die eerste plek op die punteleer is.
Ballbarians het met hul "huursoldate", "impakspelers" en "reisende reserwes" vanuit die staanspoor voorgeloop en hoewel met 'n skrale voorsprong van twee punte verseker dat hulle steeds in die eerste plek is met nog net twee rondes oor.
In weerwil van die nederlaag het Mend a Bath goed genoeg gevaar om net tot die vyfde plek terug te sak.
Boksombende het met hul oorwinning oor Vorster Motors verseker dat hulle tans in die tweede plek is en vanaand (Donderdag) teen Ballbarians te staan kom.
Die ervare span KTV het op hulle beurt vir Finovo afgestof en beklee tans die derde plek met Outeniqua Woods vierde.
Met die voorste spanne wat naby mekaar is, is die verwagting dat die stryd al meer klinies gaan word met al die spanne wat gaan poog om 'n goeie deurbraak te maak.
Alle belangstellendes is welkom om die wedstryde, wat om 18:00 begin, gratis by te woon en hul gunsteling-spanne aan te moedig.
Ligte etes word deurlopend voorberei en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Die prysuitdeling word teen ongeveer 20:00 gehou waarna daar lekker gekuier word.
Uitslae
1 Ballbarians 50; 2 Boksombende 48; 3 KTV 43; 4 Outeniqua Woods 43; 5 Mend a Bath 39; 6 Kingearls 38; 7 Talisman 37; 8 Vorster Motors 36; 9 Accidental Bowlers 35; 10 Finovo 35; 11 Carpet King 34; 12 Butz & Gutz 33; 13 Spares Squad 33; 14 Ricoh 33; 15 Mac Dee Hops 32; 16 Moore Stevens 32; 17 The Privates 31; 18 Electric Unit 31; 19 Just Property 30; 20 Kommaweer Stoffeerders 30; 21 Hot Shots 29; 22 Amec 29; 23 Super Rollers 29; 24 Coastal Relax 28; 25 3 Jacks & a Jill 28; 26 4 Musketeers 27; 27 Divas 26; 28 Bushwackers 24; 29 Bowling Stones 23; 30 Roes 22; 31 Vox 20; 32 SP Legal 16.
Wedstrydlys
Ballbarians t Boksombende; KTV t Outeniqua Woods; Mend a Bath t Kingearls; Talisman t Vorster Motors; Accidental Bowlers t Finovo; Carpet King t Butz & Gutz; Spares Squad t Mac Dee Hops; Ricoh t Moore Stevens; The Privates t Electric Unit; Just Property t Kommaweer Stoffeerders; Hot Shots t Amec; Super Rollers t Coastal Relax; 3 Jacks & a Jill t 4 Musketeers; Divas t Bushwackers; Bowling Stones t Roes; Vox t SP Legal.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'