GROOT BRAK-RIVIER ROLBAL NUUS - Groot-Brakrivier-rolbalklub het onlangs 'n besondere geleentheid gevier toe die klub se oudste lid en een van die oudste rolballers in die streek vereer is.
Op 14 November het die klub die spesiale funksies aangebied om Christo Kuhn, hul oudste aktiewe lid, se 90ste verjaarsdag te vier.
Hy is op 15 November 1929 gebore en het op Wilderness grootgeword. Hy het sy skoolloobaan by Hoërskool Outeniqua in George voltooi waarna hy sy B.Sc.-landbougraad aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het. Sy PhD-graad het hy by Tukkies voltooi.
Voordat hy en sy eggenote, Estelle, in 1990 op Glentana afgetree het, was hy aan die Potchefstroom-landboukollege betrokke. Hy woon steeds op Glentana by een van sy dogters.
Christo speel nog baie kompeterende rolbal en was deel van die span wat pas die klub se gemengde viere klubkompetisie gewen het.
Christo Kuhn by die besondere koek waarmee die rolbalklub hom verras het.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'