Daar was drie opeenvolgende Saterdae aktiwiteite toe boogskutters tydens hierdie geleenthede nie net in staat gestel is om hulle vernuf te toon nie, maar ook om te kwalifiseer vir ‘n boogskiet-bevoegdheid-sertifikaat (COP).
George Boogklub het deur passie en harde werk dit reggekry om binne sy kort bestaan die ABO (African Bowhunting Orginasation) instrukteur in George te kry vir opleiding.
Pierre van Wyk, wat by twee geleenthede reeds wêreldboogskiet-kampioen was, het ‘n insiggewende kursus aangebied. Belangstellendes kon baie baat vind by die opleiding van hierdie ervare boogskutter.
By suksesvolle voltooiing van die kursus kon baie van die boogskietklub se skutters ook kwalifiseer vir die COP-sertifikaat.
Daar was studente van alle ouderdomsgroepe en geslagte teenwoordig by die opleiding.
George Boogskietklub het ook sy jaarlikse aktiwiteite met ’n sosiale geleentheid afgesluit. Tydens hierdie geleentheid is ’n skaap op die spit gebraai en heerlik saam gekuier.
’n Jaarlikse afsluiting in hierdie klub sou nie suksesvol kon wees sonder die nodige kompetisie nie.
Klubvoorsitter Kobus Venter het met die louere weggestap met ‘n telling van 199 uit ‘n moontlike 220 wat geen geringe prestasie is nie.
In die dames-afdeling het Karen Harmse baie mans uitgestof met ‘n telling van 193.
In die junior-afdeling het Jenna Lammers met ‘n telling van 140 gespog.
George Boogskietklub beskik ook oor ’n oefenbaan en verskaf professionele advies by Archery & Outdoors.
Kobus Venter kan by 083 227 0888 geskakel word oor meer besonderhede.
COP-opleiding word in die lesingsaal aangebied.
 (Small).jpg)
Die snare word styfgespan deur lede van die George Boogskietklub.
 (Small).jpg)
John, Michael, Max en Francois se monde water reeds vir die skaap op die spit.