CRICKET NEWS - Laerskool Laurus se o.13-krieketspan het onlangs teen Thembalethu van George kragte gemeet en 'n yslike 460 lopies vir die verlies van slegs vier paaltjies in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken.
Vir Laurus het Cameron Botha en Henroux van der Merwe elk 100-talle gemoker. Dan het Craighen Cloete en Katleo Lesefa ook 50-talle aangeteken - 'n onteenseglike bewys van die totale oorheersing van Laurus se kolwers.
Laurus se boulers het slegs 12 boulbeurte nodig gehad om die besoekers vir 'n skamele 16 lopies uit te boul.
Laurus wen dus die wedstryd met 446 lopies.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'